
Toe Blouvlerkie eendag spoorloos verdwyn, wil Muis, Krimpvarkie en Eekhoring eers glad nie glo wat gebeur het nie. Hul maatjie is dood. Beteken dit hulle sal nooit weer saam met hom aan bessies smul nie?
Nooit weer neute saam met hom soek nie? Die drie is diep hartseer.
Maar hoe vertroostend is dit toe hulle, met die hulp van wyse Uil, uitvind dat Blouvlerkie voortleef in die herinneringe en stories wat sy vriende oor en oor met mekaar deel.
’n Deernisvolle verhaal oor die dood en afskeid. Geskik vir kinders en die hele gesin.
Spandeer R500 of meer om GRATIS AFLEWERING te kry / Spend R500 or more to get FREE DELIVERY.
Nasionale Metro Gebiede/National Metro Areas - R97.75 Aflewering/Delivery
Landelike Gebiede/Outlying Areas - R126.50 Aflewering/Delivery
Self Optel/Self Pickup - 65 Kremetart Street, Val-de-Grace, Pretoria, Gauteng, 0102, South Africa
Francois Maree
Uitgewer/Publisher
Fantasi spesialiseer in die uitgee van hoë gehalte, kleurvolle kinderboeke. Ons gee ou en nuwe stories uit - van bekende sprokies tot oorspronklike skeppings. Ons doen koproduksies saam met oorsese uitgewers en koop en verkoop internasionale regte. Fundi is ’n druknaam wat fokus op leesstof vir tieners en ouer leser, onder andere die geliefde Oloff die Seerower-reeks. Ons nuutste byvoeging – Fantasidigi – bied ’n tuiste vir ons luisterboeke en digitale uitgawes. - Fantasi specialises in the publishing of high quality, full colour children’s books. We publish old and new – from well known fairy tales to original creations. We co-produce with overseas publishers and buy and sell international rights.Fundi is an imprint with a focus on reading material for teenagers and older readers, amongst others the beloved Oloff series.Our new kid on the block – Fantasidigi – runs our e-book leg and we are proud to announce that selected hard copy material is also available in e-format.